Read Simson by Danie Adendorff Online

simson

Simson ‘n fiktiewe roman wat handel oor die well en weë van vigs weeskinders in Misanga Kwazulu Natal. Die ongenaakbaare daaglikse stryd om oorlewing, hoe die kinders uitgebuit word deur diegene wat hul moet beskerm. Onskuldige slagoffers van ‘n wêreld wat hul nie eers bewus is van. Die boek bevat 'n volledige verduideliking van VIGS en MIV sonder enige mediese terme. MaklSimson ‘n fiktiewe roman wat handel oor die well en weë van vigs weeskinders in Misanga Kwazulu Natal. Die ongenaakbaare daaglikse stryd om oorlewing, hoe die kinders uitgebuit word deur diegene wat hul moet beskerm. Onskuldige slagoffers van ‘n wêreld wat hul nie eers bewus is van. Die boek bevat 'n volledige verduideliking van VIGS en MIV sonder enige mediese terme. Maklik verstaanbaar en alle ooglopende vrae word aangespreek....

Title : Simson
Author :
Rating :
ISBN : B00JNBPR5A
Format Type : Kindle Edition
Number of Pages : 119 Pages
Status : Available For Download
Last checked : 21 Minutes ago!

Simson Reviews

  • Lynelle Clark
    2019-04-21 10:08

    Die skrywer het die boek aan my gegee vir 'n eerlike resensie. Die onderwerp in die boek handel oor HIV/MIV, die gevolge van verkeerde inligting en die uitbuiting van weeskinders in die midde van hierdie krisis. Die storie speel af in die omgewing van KwaZulu Natal, in 'n klein Zoeloe gemeenskap; met Simson en sy broers reg in die middel van 'n komplot om hulle te distansieer van almal. Met albei ouers dood, het gerugte vinning versprei dat hulle self ook Vigs het en is hulle sodoende deur die gemeenskap verstoot en geminag.'n Jong dokter wat net terug gekom het van die stad vir 'n welverdiende vakansie, loop hom binne al die leuns en geheime vas. Nathi het onmiddelik tot die seuns se redding gekom en aan die gemeenskap die feite oorgedra. Die beeldspraak wat die skrywer gebruik het om te verduidelik wat die verskille tussen MIV en Vigs is, was baie prakties en vindingryk. 'n Goeie verwysing om die onderwerp aan oningeligte persone te verduidelik. Antwoorde wat helderheid gegee het, het ook veroorsaak dat geheime aan die lig gekom het wat die gemeenskap geskud het. Die geskiedenis van Suid Afrika is baie goed ingebring en maak die storie baie realisties, die van die apartheidsjare se mags misbruik tot die kerk se rol in dit alles word onder die vergrootglas geplaas. Hoe mense openlik die Bybel verdraai het om hul eie veldtog te begin en so hulself te verryk. Dit is altyd interresant om te lees hoe swart teen swart draai en tog apartheid altyd die skuld kry vir al die probleme wat baie mense ondervind het, mense wat in outoriteit staan, wat hulle posisies misbruik het ter wille van hul eie sakke. (Daarmee wil ek nie die foute van Apartheid onder 'n mat vee nie, dit is net 'n observasie.)As gevolg van so baie mense wat ongelig is-spesifiek in die landelike omgewing-word mense misbruik, en die massas word vinnig opgesweep in die leuen agv die gebrek aan kennis, en mense word dan geintimideer. Die gebrek aan kennis is 'n groot kommer in ons land, en ongelukkig lyk dit of dit net sal vererger. Hopelik met boeke soos hierdie sal mense meer bewus gemaak word van die probleme en self ook 'n begeerte he on meer uit te vind.Die boek kom tot die kern van die saak en beantwoord heelwat vrae op 'n baie praktiese manier. Die Zoeloe kultuur word ook baie mooi uitgebeeld en jy sien hoe die liefde tussen Nelly en Nathi ontkiem.